Ek het ook die gevreesde voor-winter griep oorleef. Om in 'n ander land siek te word is geen grap nie en daarom moes ek my imunestelsel met die dubbel-dubbel-v program opskerp - versamel vitamines en vermy virusse.
Die eerste stap is maklik: meer vrugte. Dit beteken suco de laranja (sap van lemoen) in die oggend saam my koffiekie, suco de maracuja (sap van granadilla) saam my middagete en acai com morango (Acai bessie met aarbeie) in plaas van 'n stoute teetjie in die agtermiddag.
Die tweede stap is meer ingewikkeld. Om virusse te vermy moet mens mense vermy en al waar daar baie mense naby my kom is tydens etes in die kampuskafeteria. Dit beteken etes het in 'n tipe resies verander waarin ek kyk hoe vinnig ek die rys en boontjies kan afsluk en die gebou verlaat. Die rekord staan op 3 minute 48 sekondes...

Laastens het ek die gevreesde baksteenmaakproses oorleef. Dis nou nadat net mooi als wat moontlik kon, skeefgeloop het. Dit sluit als in van materiaal wat natreën, masjiene wat op kritieke tye breek, masjiene wat in die eerste plek nie gewerk het nie, belangrike mense wat siek word, materiaal wat wegraak, en my absolute onvermoë om swaar voorwerpe op te lig.
Wat aanvanklik 400 masjiengemaakte bakstene moes wees, het op die ou end in 250 handgemaakte stene verander. En as ek sê handgemaak, bedoel ek ek het als gedoen behalwe die sand gemyn. Daar was letterlik nie genoeg ure in 'n dag nie. En omdat ek twee maal 'n dag moes giet (vroeg in die oggend en laat in die aand), het ek so baie die laaste bus gemis dat ek in Mei meer in die lab as in my kamer geslaap het. En ek het by tye so baie sement in my hare en op my lyf gehad dat ek bang was ek verstenig as ek stort.
Eerste bakstene in hul (45kg) gietvorms (die grys deel, nie die witte nie) |
Een van die masjiene wat my in Portugees leer vloek het |
Na vele mislukte probeerslae kon ons die baksteenmasjien aan die gang kry (die waterpas wat ons gebruik het was al die tyd foutief). Dit was moontlik die gelukkigste dag van my lewe. Ek het daai aand met 'n six pack (sjokolademelkies) feesgevier...
Hoe dit moet en nie moet lyk nie |
Wat ek nie oorleef het nie was my Portugese klasse. My bedrywige produksieskedule het daartoe gelei dat ek die eksamen gemis en die vak gedop het (ek beskou myself nou al as 'n meester as dit kom by toetse mis vir taalklasse). Ek skat ek het egter nie so sleg gedoen nie, aangesien die epos wat hulle vir my gestuur het om die slegte nuus mee te deel, in Portugees was.
Eerste suksesvolle masjiengemaakte stene |